Reading Time: 3 minutes
Dit is weer tyd vir RSG se immergewilde Rugbyraai kompetisie, met trots geborg deur MMS Groep Geoktrooieerde Rekenmeesters. Staan ‘n kans om R10 000 te wen elke keer as die Bokke uitdraf gedurende die komende Rugby Kampioenskap en die 2015 Rugby Wêreldbeker. Die Bokke skop hulle 2015 internasionale seisoen af met deelname aan ‘n verkorte weergawe van die Rugby Kampioenskap, waarna hulle gaan poog om hul derde rugby wêreldbeker titel in te palm as die IRB Rugby Wêreldbeker op 18 September in Engeland begin. Die Bokke se eerste wedstryd van die seisoen is op 18 Julie teen Australië en jy staan ‘n kans om R10 000 kontant te wen. Al wat jy moet doen om die kontant te wen is om die Bokke se rustydtelling en eindtelling korek te voorspel en na die RSG SMS lyn te stuur. Hoe om deel te neem:
  1. SMS die woord BOKKE, spasie, jou rustydtelling, spasie en eindtelling voorspelling na 33343 tot en met ‘n uur voor die wedstryd elke keer as die Bokke speel. Besoek www.rsg.co.za vir meer besonderhede
  1. Luister elke Maandag na afloop van die wedstryd na Tjailatyd op RSG waar die wenner op die lug aangekondig sal word.
Springbok Kragmetings: 2015 Rugby Kampioenskap
Datum & Tyd Teenstaanders Wedstryd
18 Julie 2015 – 12:05 Australië Brisbane
25 Julie 2015 – 17:00 Nieu Seeland Johannesburg
8 Augustus 2015 – 17:00 Argentinië Durban
Springbok Kragmetings: 2015 Rugby Wêreldbeker
Datum & Tyd Teenstaanders Wedstryd
19 September 2015 – 17:45 Japan Brighton
26 September 2015 – 17:45 Samoa Birmingham
3 Oktober 2015 – 14:45 Skotland Newcastle
7 Oktober 2015 – 17:45 VSA Londen
MMS Groep – Trotse borg van die RSG Rugbyraai kompetisie en trotse ondersteuner van die Springbokke! MMS Groep – Jou venoot in besigheid.

Related Articles

Why failure is such an important part of success

When thinking about failure, people most often see it in a negative light. Unfortunately, society has deemed failure as something that one should be ashamed of, something that one...

Thuthuka Fund

MMS Group and the Thuthuka Bursary Fund - Together punching above our weight In line with our driving values: Connect, Understand, Solve, MMS is proud be partakers and contributors to...

Let us assist you with:

Contact Us